woensdag 24 juni 2009

~

Antjie Krog
* 23 oktober 1952 ~ Kroonstad

Uit de bundel: Verweerskrif

dit is waar

dit is waar dat die landskap sonder
my sal voortbestaan die bome wat
my die aarde maak bemin die vlak
tes wat my saamvee in vaandels los
lippige lig die water wat die
nabyste naat van aanraking weer
spieël die maan stort agteroor in
'n stipendium pasgebore
sterre dit is waar dat dit sal aangaan

dit is waar dat ek drie vrouens kaal
op die strand van Marseilles gesien het
hulle lywe drie sakke plooie
hulle haartjies waai soos tissues in
die wind met kort stappies stap hulle
die water in hulle borste is
plooiloos 'n stralekrans stomende
uitgerysde borste blosend tot
in die tepels dit is waar dat ek
my oë daarvan nie kon afhou nie

dit is waar dat ek in n winkel
venster drie soorte weggooidoeke
gesien het vir bejaardes, 'n bed
pan, swamdoders, bedseersalwe en
iets wat soos 'n aartappelskiller
lyk dit is waar dat ek begin om
ou mense intensief te bekyk
hoe hulle hul voete neersit hul
hare kam dat ek my oë ver
honger neerlê op jong velle dit
is waar dat ek op 'n afgrond staan

~*~

Water naar die see ~ Stef Bos

Geen opmerkingen:

Een reactie posten